
Handel in Volatiliteitsindekse Volatiliteitsindekse kan soos ’n rit op ’n tuimeltrein voel – opwindend, onvoorspelbaar en soms senutergend. Daarom is ’n deeglike plan handelstrategieë noodsaaklik. Stop Loss- (SL-) en Take Profit-ordes (TP-ordes) help u om in beheer te bly deur duidelike uitgangspunte vir u transaksies te bepaal, of die mark nou in u guns beweeg of nie.
Wat is Stop Loss- en Take Profit-ordes?
Stel u voor dat u in ’n Volatiliteitsindeks handel. U kan elke prysbeweging dophou en vir die beste hoop, maar dit is ’n stresvolle (en riskante) manier om handel te dryf. SL- en TP-ordes doen eerder die harde werk vir u deur winste vas te sluit en verliese outomaties te beperk:
- Take Profit (TP): Dit is u winsdoelwit. U kies ’n prys waarteen u tevrede sal wees om u wins te neem, en sodra die mark dié vlak bereik, sluit u transaksie en word u wins vasgelê.
- Stop Loss (SL): Dit is u veiligheidsnet. U stel ’n prys waarteen u transaksie outomaties sluit as die mark teen u beweeg, om u verliese te beperk.
Kom ons verduidelik dit met ’n voorbeeld. Gestel u koop Volatility 50 teen $271 en stel ’n TP op $280. As die mark $280 bereik, sluit u transaksie en word ’n wins van $9 vasgelê. As u terselfdertyd ’n SL op $266 stel, sal u transaksie daar sluit en u verlies tot net $5 beperk.

Vind die regte balans: Die risiko-opbrengsverhouding
Om u SL- en TP-vlakke verstandig te bepaal, gebruik handelaars die risiko-opbrengsverhouding. Dit is ’n eenvoudige maar kragtige formule:
Risiko-opbrengsverhouding = Potensiële wins / Potensiële verlies
In ons voorbeeld:
- Potensiële wins = $9
- Potensiële verlies = $5
- Risiko-opbrengsverhouding = 1,8 (vir elke $1 wat u waag, kan u $1,80 verdien)
’n Hoër risiko-opbrengsverhouding kan groter potensiële winste beteken, maar dit gaan daaroor om die regte balans te vind op grond van marktoestande en u risikobereidheid.
Waarom SL- en TP-ordes belangrik is
Die gebruik van beide SL- en TP-ordes gaan nie net daaroor om deur u transaksies te raai nie. Dit gaan daaroor om slim, strategiese keuses te maak om u geld te beskerm en u winste te maksimeer.
Gereed om u strategie te toets? Oefen risikovry met ’n demorekening en kyk hoe goed u markskommelinge kan hanteer.
Quiz
Wat gebeur wanneer u Stop Loss-order geaktiveer word?


