
Kriptohandel het oor die jare al hoe gewilder geword en bied aan handelaars buigsaamheid, sekuriteit en opwindende geleenthede. Maar vir dié wat nog nie die sprong gewaag het nie, kan wanopvattings dit ingewikkeld of onbereikbaar laat lyk. Kom ons stel die feite reg en ontbloot drie algemene mites oor handel met kripto!
Mite 1: Dit is duur om kripto te besit
Nie regtig nie! Hoewel Bitcoin se prys intimiderend kan lyk, hoef u nie ’n hele Bitcoin te koop om te begin nie. U kan klein breukdele daarvan besit wat satoshis genoem word. Op Deriv is die minimum handelsbedrag vir Bitcoin byvoorbeeld slegs 0,0001 BTC, wat tans minder as $5 werd is!
Daar is ook ’n ander manier om met kripto te handel sonder ’n groot aanvanklike belegging: CFD-handel met hefboom. Dit stel u in staat om groter posisies met minder aanvangskapitaal te open, wat kriptohandel toegankliker maak as wat u dalk dink.
Mite 2: U sal ’n heeltemal nuwe mark moet leer ken
Dink u kripto is ’n heeltemal ander wêreld? Nie noodwendig nie! As u reeds weet hoe om in valuta, aandele of ander markte te handel, is kripto bloot nog ’n bateklas wat u by u strategie kan voeg.
Die proses is soortgelyk: Kies u mark, kies u transaksietipe en bestuur u risiko. U kan selfs kriptogeldeenhede gebruik om in ander markte, soos die valutamark of sintetiese indekse, te handel. U leer dus nie ’n heeltemal nuwe spel nie. U voeg net nog ’n hulpmiddel by u handelstrategie.
Mite 3: Die enigste manier om meer kripto te kry, is om dit te koop
Om kripto te koop, is een manier om dit te besit, maar dit is nie die enigste manier nie. Wanneer u met kriptogeldeenheid in markte soos die valutamark of sintetiese markte handel dryf en ’n uitbetaling verdien, verhoog u u kriptosaldo.
Dit is soos om in fiatgeldeenheid te verdien. Net hierdie keer is u wins in kripto. Deur slim transaksies te doen, kan u u kriptobesit laat groei sonder om nog kripto te koop.
Verken kriptohandel met ’n gratis Deriv-demo-rekening
Kriptogeldeenhede verander die manier waarop ons handel dryf en bied nuwe geleenthede buiten tradisionele fiatgeldeenhede. Deur die waarheid agter hierdie mites te verstaan, kan u kriptohandel met selfvertroue en ’n vars perspektief verken.
Bekyk die volledige reeks kriptogeldeenhede wat vir handel op Deriv beskikbaar is en open vandag nog ’n gratis oefenhandelsrekening!
Quiz
Wat word die kleinste eenheid van Bitcoin genoem?


