
In handel gaan sukses nie daaroor om roekelose kanse te waag nie. Maar wat beteken dit regtig vir handelaars? Gaan dit net daaroor om groot kanse te waag en vir die beste te hoop? Nie heeltemal nie.
Handel gaan daaroor om die regte balans te vind: om berekende risiko's te neem terwyl u potensiële opbrengste in die oog hou. Kom ons ondersoek dit van naderby en kyk na ’n paar slim maniere om hierdie fyn balans te handhaaf.
Risiko teenoor opbrengs: Hoe werk dit?
Risiko is daardie stemmetjie wat fluister: “Is u seker hieroor?” Dit is die moontlikheid dat dinge nie volgens plan sal verloop nie. Aan die ander kant is opbrengs die opwindende moontlikheid om wins te maak, wat die rede is waarom u in die eerste plek handel dryf.
Moet u dus altyd groot risiko's neem om groot wins te maak? Nie noodwendig nie. Maar as u verstaan hoe risiko en opbrengs saamwerk, kan dit u ’n voorsprong gee.
Voordat ons spesifieke strategieë ondersoek, kom ons toets u instinkte met ’n vinnige vraag.
Vinnige vasvra:
Watter van die volgende is ’n voorbeeld van ’n belegging met ’n hoë risiko en ’n hoë potensiële opbrengs? A) Staatseffekte, B) ’n Goed gevestigde blouskyfieaandeel, of C) ’n Kriptogeldeenheid wat pas bekendgestel is.
Antwoord: As u C gekies het, is u op die regte spoor! Nuwe kriptogeldeenhede se pryse wissel dikwels geweldig, wat dit beleggings met ’n hoë risiko maar ook ’n potensieel hoë opbrengs maak.
5 slim risikobestuurstrategieë
- Ken u syfers: die Sharpe-verhouding en Roy se veiligheid-eerste-kriterium
Hierdie analitiese hulpmiddels help handelaars om risiko teenoor opbrengs te beoordeel:- Sharpe-verhouding: Meet hoeveel opbrengs u vir elke eenheid risiko kry. Hoe hoër die getal, hoe beter.
- Roy se veiligheid-eerste-kriterium: Help om ’n minimum aanvaarbare opbrengs vas te stel en rangskik beleggings volgens hoe waarskynlik dit is dat hulle daardie doelwit sal bereik.
- Diversifikasie: Moenie al u eiers in een mandjie sit nie
Dink aan u portefeulje as ’n goed gebalanseerde maaltyd. U sou tog nie heeltyd net een soort kos eet nie? Deur u beleggings oor verskillende bateklasse te versprei, verminder u die impak van enige enkele verlies.
- Tydsberekening en doelwitte: Beplan u uittrede
U handelstydperk maak saak. As u vir die lang termyn handel dryf, kan u markskommelings deurstaan. Maar as u op soek is na korttermynwins, kan Stop Loss-orders help om u kapitaal teen skielike dalings te beskerm.
- Moderne portefeuljeteorie (MPT): Wissel dit af
MPT is deur die ekonoom Harry Markowitz ontwikkel en gaan daaroor om u batemengsel te optimaliseer om die hoogste opbrengs vir die minste risiko te kry. Deur bates te kies wat nie saam beweeg nie, kan u die uitwerking van markskommelings verminder.
- Voorbereiding vir die toekoms: waarde op risiko en Monte Carlo-simulasies
- Waarde op risiko (VaR): Beraam die maksimum potensiële verlies oor ’n bepaalde tydperk.
- Monte Carlo-simulasies: Simuleer duisende moontlike scenario's om te voorspel hoe verskillende marktoestande u portefeulje kan beïnvloed.
Ten slotte: Die handelaar se reis
Hoewel hoër risiko hoër opbrengste kan beteken, is daar geen towerformule nie. Die sleutel is om te verstaan hoeveel risiko u gemaklik kan neem, duidelike doelwitte te stel en slim strategieë te gebruik om risiko te bestuur. Diversifikasie, navorsing en ’n bietjie geduld help baie om u handelsreis op koers te hou.
Gereed om u vaardighede te toets?
Registreer vir ’n gratis demorekening by Deriv en pas u risikobestuurstrategieë toe. Of brei u kennis uit met ons gratis kursusse op Deriv Academy.
Quiz
Watter van die volgende is ’n voorbeeld van ’n belegging met ’n hoë risiko en hoë opbrengs?


