
Kommoditeite is die grondstowwe wat die wêreld aan die gang hou – van die koffie in u koppie tot die goud in u juweliersware. Daar word al eeue lank daarmee handel gedryf, sedert die dae van die Syroete, en vandag bly dit ’n belangrike deel van die wêreldekonomie. Kommoditeitspryse kom in wese neer op een eenvoudige reël: vraag en aanbod.
Wanneer die vraag hoog en die aanbod laag is, skiet pryse die hoogte in. Wanneer die teenoorgestelde gebeur, daal pryse. Dis so eenvoudig!
Die twee soorte kommoditeite
| Harde kommoditeite | Sagte kommoditeite | ||
|---|---|---|---|
| Metale | Energie | Landbouprodukte | Lewendehawe en vleis |
| Goud | Ruolie | Sojabone | Lewende beeste |
| Silwer | Natuurlike gas | Koffie | Maer varke |
| Koper | Petrol | Graan | Melk |
| Platinum | Katoen | ||
Daar is twee hoofsoorte kommoditeite:
- Harde kommoditeite. Dit is natuurlike hulpbronne wat ontgin of onttrek word, soos olie, goud en metale.
- Sagte kommoditeite. Dit sluit landbouprodukte soos koring, koffie en suiker in.
Van die gewildste kommoditeite in die handelswêreld is olie (veral WTI- en Brent-ruolie) en goud, wat handelaars dikwels kies wanneer die ekonomie onseker lyk.
Hoe om beter te word met kommoditeitshandel
Wil u u vaardighede in kommoditeitshandel verbeter? Hier is ’n paar belangrike stappe:
- Verstaan wat pryse beïnvloed
Ekonomiese tendense, politieke gebeure en selfs natuurrampe kan kommoditeitspryse laat skommel. ’n Groot storm kan byvoorbeeld olieproduksie ontwrig en pryse die hoogte laat inskiet. As u wêreldnuus dophou, kan dit u ’n voordeel gee.
- Gebruik markontleding
Handelaars maak op twee hooftipes ontleding staat:- Fundamentele ontleding (wat na vraag, aanbod en ekonomiese toestande kyk)
- Tegniese ontleding (wat historiese prysdata gebruik om patrone raak te sien)
- Volg die tendense
Kommoditeitspryse beweeg volgens tendense, óf opwaarts (stygend) óf afwaarts (dalend). As u hierdie tendense vroeg raaksien, kan dit u help om transaksies op die regte tyd te plaas.
Hoe om kommoditeite op Deriv te verhandel
U hoef nie vate olie of goudstawe te besit om kommoditeite te verhandel nie. U kan eerder CFD's (verskilkontrakte) of opsies op Deriv gebruik om daarmee handel te dryf. Hier is hoe:
CFD-handel op Deriv
Verhandel kommoditeite met CFD's op platforms soos Deriv MT5, Deriv cTrader en Deriv X. Met CFD's kan u:
- ’n Lang posisie inneem (koop) as u dink pryse sal styg.
- ’n Kort posisie inneem (verkoop) as u verwag dat pryse sal daal.
U posisie bly oop so lank as wat u wil, wat u meer beheer oor u handelstrategie gee.
Opsiehandel op Deriv
As u gestruktureerde risiko verkies, probeer digitale opsies op metale met Rise/Fall-, Higher/Lower- of Touch/No Touch-kontrakte. Hiermee kan u prysbewegings binne ’n vasgestelde tydperk voorspel.
- Rise/Fall. Voorspel of die prys hoër of laer sal eindig as toe u die transaksie aangegaan het.
- Higher/Lower. Stel ’n teikenprys (grens) en voorspel of die mark bo of onder dié prys sal eindig.
- Touch/No Touch. Voorspel of die mark ’n bepaalde prys sal bereik.
Met opsies ken u u potensiële wins of verlies voordat u ’n transaksie aangaan, wat risikobestuur makliker maak.
Gereed om kommoditeite te begin verhandel?
Kommoditeitshandel is opwindend omdat pryse op werklike gebeure reageer en sowel geleenthede as risiko's bied. Die sleutel tot sukses? Hou aan leer, bly aanpasbaar en handel slim.
- Oefen met ’n Deriv-demorekening om selfvertroue op te bou! U kry $10 000 in virtuele fondse om te oefen voordat u met regte geld begin handel dryf.
- Registreer vandag en begin die kommoditeitsmark verken!
Quiz
Watter kommoditeit staan dikwels as “swart goud” bekend?


