U toegang tot Deriv MT5: lessenaar, web of selfoon?
Welkom terug by die Deriv Academy! In hierdie les bespreek ons hoe u toegang tot u Deriv MT5-rekening via verskeie platforms kan kry. Dit is belangrik om te verstaan hoe u toegang kan kry om doeltreffend te handel. Ons verken die lessenaarterminaal, webplatform en mobiele toepassing wat tot u beskikking is.
Deriv MT5-lessenaarterminaal
Die Deriv MT5-lessenaarterminaal is ontwerp om die mees omvattende handelsomgewing te bied handelsgidse en is versoenbaar met Windows-, macOS- en Linux-stelsels. U kan die toepassing maklik van die Traders Hub Traders Hub op die Deriv-webwerf aflaai.
Belangrikste kenmerke van die lessenaarterminaal
- Veelvuldige grafieke: U kan verskeie grafiekvensters gelyktydig oopmaak om verskillende markte of tydperke tegelyk te monitor. Dit gee u ’n breë oorsig van die mark.
- Tegniese aanwysers en tekengereedskap: Die lessenaarplatform bevat verskeie tegniese aanwysers en tekengereedskap wat u kan help om prysbewegings te ontleed en potensiële handelsgeleenthede doeltreffender te identifiseer.
- Markoorsig: Hierdie funksie vertoon die huidige pryse van alle instrumente wat op Deriv MT5 beskikbaar is vir handel. U kan vinnig die marksituasie beoordeel, u transaksies bestuur en intydse aanpassings maak, alles op een plek.
- Deskundige adviseurs (EAs): Die platform ondersteun outomatiese handelstrategieë. U kan hierdie strategieë met die MQL5-programmeertaal skep, toets en implementeer, of klaargemaakte EAs van die MQL5 Marketplace gebruik om outomaties volgens bepaalde voorwaardes te handel.
Deriv MT5-webplatform
Vir dié wat verkies om nie sagteware af te laai nie, bied die Deriv MT5-webplatform ’n gerieflike alternatief wat direk vanaf enige webblaaier toeganklik is. Hierdie opsie stel handelaars in staat om in die valutamark te handel sonder om iets te installeer.
Voordele van die MT5-webplatform
- Vinnige begin: Die webplatform stel u in staat om binne minute te begin handel. Meld eenvoudig via die Deriv-webwerf aan en gaan na die Traders Hub om toegang tot u rekening te kry en te begin verken.
- Gebruikersvriendelike koppelvlak: Die webplatform is ontwerp vir gebruiksgemak en het ’n intuïtiewe uitleg wat dit toeganklik maak vir beginners sowel as ervare handelaars.
- Outomatiese bywerkings: U hoef nie bekommerd te wees oor die bestuur van sagtewarebywerkings nie, want die webplatform word outomaties deur Deriv se bedieners bygewerk. Só het u altyd toegang tot die nuutste funksies.
- Grafieke onderweg: Die webplatform laat u toe om grafieke te bekyk en basiese tekengereedskap direk in u blaaier te gebruik. Só kan u tendense ontleed en ingeligte besluite neem, selfs wanneer u nie by u hoofrekenaar is nie.
Deriv MT5-mobiele toepassing
Met die Deriv MT5-mobiele toepassing kan u onderweg handel. Deur dit van die Apple App Store, Google Play Store of Huawei App Gallery af te laai, word u foon ’n kragtige hulpmiddel vir handel.
Belangrikste kenmerke van die mobiele toepassing
- Monitor markte onderweg: Die mobiele toepassing verskaf intydse markpryse en grafieke direk op u toestel, sodat u op hoogte bly van prysbewegings en handelsgeleenthede waar u ook al is.
- Eenvoudige uitvoering van bevele: Dit is eenvoudig om transaksies te plaas met duidelike knoppies om te koop en te verkoop. Beginners kan vinnig die grondbeginsels van markbevele en limietbevele leer en op die kernelemente van handelstrategieë fokus.
Samevatting
Noudat u die verskillende maniere verken het om toegang tot u Deriv MT5-rekening te kry, is dit tyd om op te tree! Kies die platform wat die beste by u handelsstyl, voorkeure en behoeftes pas: die lessenaarterminaal vir gevorderde funksies, die webplatform vir vinnige toegang of die mobiele toepassing om onderweg te handel.
In die volgende les verken ons die Deriv MT5-platform in meer besonderhede. Ons kyk na die funksies en help u om die nodige vaardighede te ontwikkel om dit met selfvertroue te gebruik. Geniet die handel!
Quiz
Wat is die vernaamste voordeel van die gebruik van die Deriv MT5 Desktop Terminal?
Watter voordeel bied die Deriv MT5 Web-platform?
Watter funksie is op beide die rekenaarweergawe en die mobiele weergawe van Deriv MT5 beskikbaar?


